Kontak Ons

FB_IMG_1445970072355Kandelaar se kerkkantoor is geleë op die kampus @ gebou E10.

Dis meer as net ‘n plek vir admin – dis ook ‘n lekker “huis” waar jy kan skoene uitskop saam vriende en ‘n koffie geniet met die dominee. 

Sanré Benadé

Sanré is hoof leraar by Kandelaar. Sy is baie geliefd onder die studente en haar bydrae tot Kandelaar is van groot waarde. Sanré het die WinC (Women in Christ) groep begin en haar hart klop warm vir ons jeug -en studente se geestelike groei. Sanré neem ook die Frankryk -en eilande sending onder haar versorging elke jaar

Epos: sanrebenade@gmail.com
Tel: 082 555 3024

Ursula Wijnberg

Ursula Wijnberg is Kandelaar se geliefde sekretaresse/skriba/finansies “go to person”. Sy is getroud met Harmen en hulle het twee kinders. Ursula is op haar pos in die gemeentekantoor vanaf 08h00 tot 14h00 (Ma-Do) -en 8h00-12h00 op Vrydae.  Sy werk al twaalf jaar by ons gemeente en die studente is haar inspirasie en liefde.

Epos: ngpukkandelaar@gmail.com
Sel: 079 494 7999 / 018 299 2592 Tel/Faks